Invalid Displayed Gallery
Donkey Derby
Die gedagte is, om soveel as moontlik geld in te samel, of om aan kliënte ‘n produk op ’n onvergeetlike manier te bemark.
Dit moet met die minste moontlike moeite geskied en in ‘n kort tyd gereël kan word. Probeer om meer as 110 mense te betrek: 120 tot 150 is die beste aantal persone
INKOMSTE VAN GELD
1 BORGE 2 KAARTJIE VERKOPE
3 VERKOOP VAN PERDE X 36 4 WEDDENSKAPPE OP PERDE
5 KOMPETISIES
NB ± 50 % van alle geld wat hande wissel gaan na die organisasie: Ons deel nie in die winste nie!
U moet ‘n bedrag bepaal vir ‘n borgskap (die norm is gewoonlik so R1 500 per borgskap) die borg kry dan as teenprestasie, advertensie-geleentheid in die saal, voor die saal, en in die program.
Daar is 6 wedrenne. Elke wedren word na ‘n persoon of sy besigheid vernoem,bv: Toyota maiden plate over 5000meters. Die adres en telefoon nommer van die borg kan ook op die bladsy verskyn.
Kaartjies moet gedruk en verkoop word (hou kostes laag). Kaartjies moet die volgende inligting verskaf:
Datum Plek
Tyd Kostes
Noem bv. op die kaartjies wat hulle te wagte kan wees vir hulle gelde, soos bv. ‘n 3 gang maal/spitbraai, dans en ‘n aand gevul met baie baie pret.
R180 per kaartjie werk goed. Dit wat die persoon gaan ontvang is baie belangrik. Dit kan u winste redelik verhoog of verlaag. Die idee is om jul kostes laag as moontlik te hou, so ruikers en blomme is duur en bring nie geld in nie. Leen eetgerei by ‘n naburige skool of kerk (moet nie huur nie). Koop slaai en roomys vir nagereg aan.
‘n Kontant kroeg werk nie baie goed nie. Persone kan eie drank saam bring.
Tydens die aand, is daar 6 wedrenne; voor elke wedren is alle perde in die besit van die afslaer (ORGANISASIE). Hierdie perde word dan deur die afslaer opgeveil;- die hoogste bot word die eienaar van die perd vir daardie wedren. Hy stel dan ‘n joggie aan om die perd vir hom te ry, bv sy vrou. Ekstra wedrenne tydens die aand sal ‘n ekstra koste van R500.00 per wedren kos. (met ander woorde as u so baie borge het en wil bv 7 of 8 wedrenne die aand doen).
Na al ses perde verkoop is, van ‘n wedren; plaas almal hulle weddenskappe en tree die joggies met hulle perde aan op die baan.
Die perde hardloop die wedren deur middel van die opgooi van twee dobbelstene (1 kleur, en 1 nommer)
Die wedren word voltooi en die eienaar van die wenperd ontvang ****% van die totale koopsom van daardie wedren in die geval is dit R***** en dit vir ‘n perd waarvoor hy bv R250 betaal het. Die organiseerders ontvang dus R *** vir die wedren.
Voor die aanvang van die wedren kan enige persoon by die “bookies” ‘n kaartjie gaan koop wat sy gunsteling perd of perde aandui. Kleur kaartjies word gebruik on perde te identifiseer. Hierdie weddenskap kaartjies kos R1 per kaartjie en kan nie verander word nie, persone kan wel enige bedrag aankoop tot en met R1000 per kleur.
Indien bv as die rooi perd wen, dan kry al die persone met rooi kaartjies geld terug.
Ons neem ‘n % van die totale bedrag verwed gedeel deur die aantal kaartjies wat op die perd verwed is en maal dit dan met die aantal kaartjies wat die persoon het. (Moenie kommer nie, ons doen al die berekenings) deur middel van ons sagteware.
± 10 persone moet aan ’n tafel sit
ONS VERSKAF DIE VOLGENDE INDIEN ONS BINNE RY-AFSTAND IS:
Klanksisteem Musiek
Mikrofoon 6 Hout perde
2 Dobbelstene Ligte / Rook
Rekenaar program Kleur kaartjies
EN DIE VERMAAK !!!!!!
Indien ons na u toe vlieg, moet u met my skakel om reelings te tref oor wat ons saambring. U is dan verantwoordelik vir ‘n klanksisteem maw. speakers amp en mixer. Ons bring perde, rekenaar, dobbelstene en mic saam.
U MOET DIE VOLGENDE VERSKAF:
- *R1 100.00 float opgemaak soos volg
- R100 x 2 R 50 x 2 R20 x 10 R10 x 20 R5 x 50 R2 x 50 R1 x 50
- 3 tafels vir die weddenskappe voor in die saal, u kan die tafels met verskillende tafeldoeke versier, gebuik die kleure: Rooi, Blou, Geel, Groen, Wit, en Swart.
- 1 tafel met tafeldoek wat by u tema pas voor op die verhoog vir die rekenaar en die musiek.
- 6 persone wat dien as die “bookies” (sommer mense wat die aand buitendien daar is)
- 6 Klein geskenkies: 3 vir mans en 3 vir vroue.
- 6 Houers vir geld op weddenskap tafels
- 6 Penne
- 1 Bottel goeie drank soon bv Johnnie Walker Black Label vir ‘n R5 gooi kompetisie.
- 220 volt muurprop
- 1 persoon om die verwelkoming te doen, tafelgebed ens.
- Ten minste 2 programme per tafel. En 2 programme vir die aanbiedtafel.
- ‘n Vloerbestuurder.
- ‘n Kaartmasjien is opsioneel
Die kostes sluit musiek in tot direk na die laaste wedren of tot en met 24:00. Daarna word dit duurder.
U moet asseblief met ons skakel t.o.v. die beskikbaarheid van drinkgoed vir ons as span Bv kontant kroeg asook kos vir die aand.
Ons koste as span beloop R5 000 Plus brandstof. Brandstof word bereken op R3.80 per km in beide rigtings. Tolpaaie se kostes moet ook in berekening gebring word.
U is verantwoordelik vir die vliegtuig kaartjies indien ons moet vlieg en verblyf indien ons oorslaap.
Skakel met my vir verblyf asb indien dit verder as 80 km is vanaf Meyerton.
Indien u hierdie datum skuif of kanselleer minder as 30 dae voor die funksie is u nog steeds verantwoordelik vir die betaling van ‘n R1500 kansellasie fooi.
Alle kostes is betaalbaar in kontant op die aand van die funksie aan die span
VOORBEELD VAN ‘n PROGRAM: Hierdie is slegs riglyne – gebruik vrye tuels en inisiatief
Omtrent so 3 programme op elke tafel.
Al 6 wedrenne word in die program aangedui en moet soos volg lyk.
WEDREN 1
TOYOTA PLATE 5000m FILLIES
1 CAMBRY | ROOI | R |
2 HARD BODY | WIT | R |
3 SPRINTER | BLOU | R |
4 KING CAB | SWART | R |
5 ROADRUNNER | GEEL | R |
6 2.4 VENTURE | GROEN | R |
Meyerton Toyota, 23 Golf straat, Uitbreiding 9, Meyerton
Dankie aan: Dries Vermeulen 082 4000 000
Voorbeelde van wedren name
…………….. Maiden Plate ………………Dugga Stake
………………Collectors plate ………………Manouver zip up
………………Challenge ………………Handicap
Voorbeeld van kaartjie
Kom geniet `n ” Wilde Weste ” aand saam
met ?????????????? se ouers.
`n Heerlike ete sowel as gratis kroegfasiliteite
sal voorsien word.
DATUM: Vrydag 26 Mei
PLEK: Malherbe “Turf”( Skoolsaal )
TYD: 18:00
KOSTE: R 120,00 per persoon
DRAG:” Cowboy “– hoed ( of wat jy het ! ) Gemaklik en informeel
(Bring`n geldjie saam om deel te neem aan al die pret)
MERK VAN DIE BAAN:
Organisasie merk die baan self. Baan moet gemerk wees soos hieronder aangetoon.
Gebruik goeie tape NITTO (dit hou ten minste vir die hele aand)
6 blokke langs mekaar,, 12 blokke agter mekaar, elke blok moet ± 400mm X 400mm wees.